Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Eben druk 2de skitterdrie vir Toulon
Die voormalige Stormer-ster Eben Etzebeth se goeie spelpeil in Frankryk duur voort. Foto: Getty Images

Die Springbok-slot Eben Etzebeth het weer agter die doellyn gaan kuier vir sy nuwe klubspan, Toulon, in die Franse Top-14-liga die afgelope naweek.

Die Wêreldbekerwenner is met sy bedrieglike vaart deur ’n gaping voordat hy sy reuse-liggaamsbou ingespan het om twee verdedigers te kasty op pad na die doellyn.

Toulon het die kragmeting teen Brive op die Stade Félix Mayol met 34-17 gewen.

Etzebeth (28) het in 2012 die eerste keer vir die Bokke uitgedraf en sedertdien in 85 toetse vir Suid-Afrika gespeel.

Hy het hom ná afloop van verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan by Toulon aangesluit en ’n wonderlike onderskepdrie in sy buiging aangeteken.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toulon  |  Bokke  |  Eben Etzebeth  |  Toetsrugby  |  Top 14  |  Springbokke  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.