Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Eddie verkies Spice Girls bo haka

Vir al wat Eddie Jones omgee, kan die Spice Girls net so wel optree in plaas daarvan dat die All Blacks hul haka uitvoer.

Eddie Jones, Engeland se hoofafrigter, by ’n nuuskonferensie voor Saterdag se toets teen Nieu-Seeland. Foto: Reuters

Die uitgesproke Engelse breier het op die vooraand van Saterdag se toets tussen Engeland en Nieu-Seeland op Twickenham gesê die haka skeel hom maar min.

“In daardie stadium van die wedstryd, kan hulle die Spice Girls speel en ek sal nie weet wat aangaan nie,” skerts Jones.

“Hulle maak mos ’n terugkeer, die Spice Girls? Dalk moet hulle dan (voor die afskop) kom sing. Dit (die haka) is glad nie relevant vir my nie,” sê Jones, wat duidelik goed ingelig is oor bewegings in die popmusiekwêreld, aangesien die Spice Girls vroeër vandeesweek aangekondig het hulle gaan herenig (wel sonder Victoria Beckham, oftewel Posh Spice).

Die Rose staal hulle intussen vir ’n reünie van hul eie. Hulle was vier jaar laas in ’n duet met die All Blacks betrokke en Jones is desperaat om te keer dat die wêreld se nr. 1-span Saterdag die hoë note tref.

Daarom glo dié breier sy plaasvervangers gaan net so ’n belangrike rol as die beginspan moet vertolk as hulle die kollig by die All Blacks wil steel.

“Die geskiedenis vertel vir jou Nieu-Seeland wen die meeste van hul wedstryde in die laaste 20 minute, so wie gaan belangriker wees – die ou in die beginspan of die ou wat van die bank af speel?”

Vier lede van die Spice Girls ’n klompie jare terug voor ’n musiekblyspel in Londen. Van links is Melanie Brown, Geri Halliwell, Emma Bunton en Melanie Chisholm. Foto: Reuters

Volgens Jones het die spel só verander dat al 23 spelers van kardinale belang is.

“Jy wil uitvind hoe om vir die hele 80 minute op jou beste te vertoon.

“Spelers se vermoë om die tempo te versnel, is nou 30 persent meer belangrik as twee of drie jaar gelede. Die spel is nou fisieker, so jy moet twee spelers hê om posisies te vul waarvan daar ’n hoë werkverrigting verwag word.

“Dit is bykans onmoontlik om ’n stut vir die volle 80 minute op die veld te hou.”

Die All Blacks voer die haka uit voor hul toets teen Japan verlede week in Tokio. Foto: Getty Images

Intussen sê Jones se Kiwi-eweknie, Steve Hansen, ’n toets teen Engeland is selfs groter as ’n reeks teen die Britse en Ierse Leeus.

Die Nieu-Seelanders het ’n punt om te bewys nadat hulle verlede jaar hul reeks teen die Leeus met 1-1 gedeel het.

“Die Leeus-toer het dié toets groter gemaak, want ons was nie suksesvol nie, ons het die reeks gedeel,” sê Hansen.

Tog glo Hansen die All Blacks is ’n beter span weens daardie uitslag.

“Ons het baie hersiening gedoen ná die tyd. Jy kan na daardie jaar kyk en sê die Leeus-toer was ’n geskenk, want daar was baie dinge wat ons nie goed gedoen het nie.” – Sportredaksie, Reuters, The Guardian

* Spanne:

Engeland: Elliot Daly, Chris Ashton, Henry Slade, Ben Te’o, Jonny May, Owen Farrell (m-k), Ben Youngs, Mark Wilson, Sam Underhill, Brad Shields, George Kruis, Maro Itoje, Kyle Sinckler, Dylan Hartley (m-k), Ben Moon. PLAASVERVANGERS: Jamie George, Alec Hepburn, Harry Williams, Charlie Ewels, Courtney Lawes, Danny Care, George Ford, Jack Nowell.

Nieu-Seeland: Damian McKenzie, Ben Smith, Jack Goodhue, Sonny Bill Williams, Rieko Ioane, Beauden Barrett, Aaron Smith, Kieran Read (k), Ardie Savea, Liam Squire, Brodie Retallick, Sam Whitelock, Owen Franks, Codie Taylor, Karl Tu’inukuafe. PLAASVERVANGERS:

Dane Coles, Ofa Tuungafasi, Nepo Laulala, Scott Barrett, Matt Todd, TJ Perenara, Richie Mo’unga, Ryan Crotty.

* Skeidsregter: Jérôme Garcès (Fr). Assistent-skeidsregters: Jaco Peyper (SA), Marius Mitrea (It). TV-skeidsregter: Marius Jonker (SA).

* Afskop: 17:00 (SS 1, GDN).

Meer oor:  Jaareindtoer  |  Rose  |  Spice Girls  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.