Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Farrell gebruik eindelik sy arms – op CJ
Owen Farrell (links) is gestraf omdat hy CJ Stander met opset van die bal weggehou het. Maar Twitter-gebruikers was vinnig om die ironie uit te wys dat die Engelsman vir ’n verandering sy arms gebruik. Foto: Getty Images

Twitter gons oor die moedswillige gedrag van Engeland se kaptein, Owen Farrell, in sy span se Sesnasies-oorwinning met 24-12 teen Ierland die afgelope naweek.

Farrell, berug vir sy skouerlope en plettervatte sonder arms, is weer in die soeklig. Beeldmateriaal van die losskakel/senter, waar hy aan Ierland se Suid-Afrikaans gebore losvoorspeler CJ Stander se been vasklou, trek baie aandag op sosiale media.

Farrell lê op die grond en het Stander aan sy regterbeen beet. Stander kan eenvoudig nie die Engelse kaptein afskud nie en besluit dan maar om hom saam te sleep in sy poging om van hom af weg te kom.

Die skeidsregter, Jaco Peyper van Suid-Afrika, het Farrell wel gestraf, maar Twitter-gebruikers was vinnig om die ironie daarvan uit te wys dat die Engelsman vir ’n verandering wel sy arms gebruik het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Owen Farrell  |  Cj Stander  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.