Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Fidji wen harte met sang, skoonmaak

Fidji het Frankryk Saterdag vir die eerste keer in sy geskiedenis geklop en die span se viering was pragtig om te aanskou.

Die eilandmanne, wat sy vorige nege kragmetings die afgelope 60 jaar teen Les Blues verloor het, se nuwe agtste plek op die wêreldranglys is boonop sy hoogste tot nog toe.

“Dit is ’n enorme prestasie,” het John McKee, die span se afrigter, ná afloop van die sege gesê.

“Ons het vandeesweek vir mekaar gesê as ons Frankryk klop, sal ons die panteon van Fidjiaanse rugby bereik.”

Fidji se oorwinning is goed ontvang, maar die spelers is ook van oor die wêreld heen geloof vir hul nederigheid, met foto’s wat op sosiale media versprei is waar die Fidjiane hul kleedkamer ná afloop van hul feesvieringe skoonmaak.

Frankryk se senter, Mathieu Bastareaud, het nie doekies omgedraai oor die rede vir die nederlaag nie.

“Ons het hulle nie gerespekteer nie en hulle het oor ons geloop,” sê hy oor die Hane se nederlaag van 14 – 21.

RugbyDump berig televisie-mikrofone het Bastareaud opgeneem waar hy woedend met sy spelers praat.

“Wie dink ons is ons? Ons klop Argentinië en ons dink ons is spesiaal. Ons het ’n absolute laagtepunt bereik, ons moet van vooraf begin. Want ons is pateties, skandalig – ons moet daarvan bewus wees.”

Die Hane het die afgelope maand – minder as ’n jaar voor die Wêreldbekertoernooi in Japan – naelskraap teen die Springbokke (26 – 29) verloor, terwyl hulle die Argentyne daarna gemaklik met 28 – 13 geklop het.

Sake lyk egter baie meer rooskleurig vir die Fidjiane, wat ná die wedstryd in die middel van die veld vergader het en onder leiding van die skrumskakel, Frank Lomani, met ’n tradisionele liedjie verder die respek van die rugbywêreld verower het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Fidji  |  Jaareindtoer  |  Toetsrugby  |  Hane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.