Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Israel Folau in sy skik ná skikking

Israel Folau voel sy optrede is geregverdig danksy die vertroulike skikkingsooreenkoms wat hy en Rugby Australië (RA) bereik het.

Daarmee is 'n einde gemaak aan die saak wat die voormalige Wallaby-ster oor sy afdanking teen RA aanhangig gemaak het.  Hy het met die RA gebots oor sy uitlatings oor gays en sê die skikkingsooreenkoms laat hom “gevindikeer”  voel. 

Israel Folau en sy vrou, Maria. Foto: Getty Images

RA en Folau het Dinsdag in ’n gesamentlike verklaring albei om verskoning gevra vir “enige pyn of skade” wat aangerig is. Dit het gevolg ná onderhandelinge van 14 uur in ’n poging om ’n duur en uitgerekte hofgeding te vermy.

Folau het later ’n video van hom en sy vrou, Maria, gedeel waar hy sê hy is “uiters tevrede” met die skikkingsooreenkoms.

“Vandag se erkenning en verskoning van Rugby Australië laat ons gevindikeer voel en ons kan nou aanbeweeg met ons lewens en fokus op ons geloof en ons familie,” sê hy.

Folau het aangevoer hy is weens sy geloofsoortuigings in Mei vanjaar onwettig in die pad gesteek. RA het volgehou Folau het die beroepspelers se gedragskode oortree met sy uitlatings op sosiale media dat gays en ander sondaars “vir die hel bestem is”, asook sy beskrywing van Australië se wetgewing oor aborsie en selfdegeslaghuwelike as “boos”.

Hy het skadevergoeding van A$14 miljoen (R140,6 miljoen), ’n verskoning en die reg om sy internasionale loopbaan voort te sit, geëis.

Die 30-jarige heelagter het 62 toetse vir die Wallabies gespeel en Australië ook op internasionale vlak in rugbyliga verteenwoordig.

Hy is drie keer met die John Eales-medalje vereer as die land se voorste rugbyspeler.

– Sportredaksie

Meer oor:  Maria Folau  |  Toetsrugby  |  Israel Folau  |  Superrugby  |  Raelene Castle  |  Ra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.