Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Folau maak opnuut opslae

Die voormalige Wallaby-ster Israel Folau het Sondag in ’n preek homoseksualiteit en geslagsverandering veroordeel en Maandag op sosiale media verklaar hy werk vir God, nie mense nie.

Israel Folau is ’n stoere Christen. Foto: Getty Images

ABCSport berig Folau het by die Truth of Jesus Christ-kerk in Kenthurst, Sydney, homoseksualiteit as ’n sonde beskryf en gesê die duiwel is verantwoordelik dat laerskoolkinders toegelaat word om te besluit of hulle hul geslag wil verander.

“Dit is wat die duiwel probeer doen, in die regering, die gemeenskap, die wêreld, en dit is stadig besig om te gebeur,” sê hy in sy preek wat op die kerk se Facebookblad gebeeldsend is.

“Die hartseer rede waarom so baie nie-Christene slegte dinge van die kerk sê, is omdat baie kerke toelaat dat sulke dinge gebeur.

“Hulle sê mans moet toegelaat word om met mekaar te trou en daar is niks fout daarmee nie. Dit gee gestalte aan die tema om mense tevrede te stel, eerder as om God tevrede te stel en op te staan vir die waarheid.”

Folau (30) het Maandag sy motivering op Twitter en Instagram gedeel. Hy haal Galasiërs 1:10 aan: “Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.”

View this post on Instagram

Who's approval are you seeking?? #TeamJesus????

A post shared by Israel Folau (@izzyfolau) on

Folau het sy inskrywing saam met die volgende onderskrif gedeel: “Na wie se guns is jy opsoek?? #TeamJesus”.

Folau was ook krities teenoor kerke wat “verwesters” het.

“Ware gelowiges in Christus bely Hom waar hul ook al gaan,” sê hy.

“Is ons te bang omdat ons dalk by ons werkplek of iewers anders verwerp sal word omdat diegene om ons wat nie dieselfde as ons glo nie, nie van ons hou of ons lief het nie?

“Jy mag dalk die enigste wedergebore Christen in daardie werkplek wees, jy mag dalk ongemaklik voel tussen jou kollegas want hulle is in die wêreld en jy nie.

“Ons moet geseënd voel, want God het ons geroep.”

Rugby Australië (RA) het in Mei Folau se vierjaar-kontrak van glo A$5 miljoen (sowat R51 miljoen) opgeskeur weens onder meer homofobiese uitsprake op sosiale media.

Hy het by Australië se arbeidshof met regstappe teen RA begin en voer aan dat hy vanweë sy geloofsoortuigings afgedank is en dat dié optrede onregmatig was. Hy eis glo A$10 miljoen se skadevergoeding.

– Sportredaksie

Meer oor:  Homoseksualiteit  |  Toetsrugby  |  Israel Folau  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.