Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Franse kan vuurwarm Kolbe nie keer

Die Springbok Cheslin Kolbe maak groot indruk in Frankryk hierdie seisoen en het Sondag weer ’n uitstekende drie in Toulouse se klinkende sege van 39-0 oor Toulon in die Stade Municipal gedruk.

Die Springbok-blitsbuks Cheslin Kolbe het die naweek met puik afronding vir Toulouse teen Toulon sy groeiende reputasie in Europa nog ’n hupstoot gegee. Foto: Getty Images

Danksy vyfpunters deur Yoann Huget, Antoine Dupont, Thomas Ramos en Piula Faasalele was Toulouse reeds van ’n oorwinning verseker. Maar die tuisspan het sy beste vir laaste gelos, en Kolbe het weer sy vaart en giftige aftrap vir sy tiende drie in 22 verskynings vir die Top14-klub uitgestal.

Let die vaardigheidsvlak soos voor- en agterspelers kombineer om die Bok-buksie in die hoekie oor te stuur.

Volledige wedstrydhoogtepunte:


Meer oor:  Cheslin Kolbe  |  Toulon  |  Bokke  |  Top14  |  Springbokke  |  Toulouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.