Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Frustrasie oor Farrell se duikslae
Owen Farrell se tegniek in duikslae is lank reeds ’n besprekingspunt. Foto: Getty Images

Rugbykykers is gefrustreerd nadat die Engelse kaptein Owen Farrell vir die soveelste keer ’n geel- of rooikaart vrygespring het vir ’n gevaarlike duikslag.

RugbyPass berig Farrell is op sosiale media gekap nadat hy slegs ’n strafskop afgestaan het vir ’n hoogvat in Saracens se 62-5-sege oor Worcester in die Engelse Premierliga die afgelope naweek.

Die losskakel het kontak gemaak met sy teenstander Tom Howe se nek en ken, maar die skeidsregter Craig Maxwell-Keys het ná ’n kykweer beslis Farrell het “laag begin en opgeskuif”, wat as “versagtende omstandighede” beskou is.

Twitter-gebruikers het uitgevaar teen die beslissing en is ontsteld omdat Farrell nie met ’n kaart gestraf is nie vir wat na ’n skouerloop gelyk het.

Sommiges gebruikers voer aan Farrell word beskerm omdat hy Engelse rugby se “goue seun” is.

Tim O’Connor, ’n prokureur en kenner van rugbyreëls, sê dit was duidelik Howe het nie in Farrell se duikslag in “gebuk” nie.

Farrell (28) se duikslag-tegniek was in die kollig in die aanloop tot die 2019 Wêreldbekertoernooi in Japan.

Hy is ongestraf gelaat vir ’n skouerloop op die Springbok-senter André Esterhuizen in November 2018, terwyl hy drie weke later skotvry afgekom het vir ’n duikslag sonder arms op die Wallaby-slot Izack Rodda.

Wêreldrugby het in Mei 2019 riglyne vir duikslae vir die toernooi uitgereik en Farrell se skouerloop op Esterhuizen is as voorbeeld gebruik in ’n video oor wanneer ’n geelkaart gewys moet word.

John Mitchell, die Rose se verdedigingsafrigter, het gedurende die rugbyskouspel in die Ooste erken Farrell moet aan sy duikslag-tegniek skaaf.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Saracens  |  Owen Farrell  |  Engelse Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.