Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
G’n geheim wie SA as swakste blaser beskou

Nieu-Seeland se Superrugbyspelers het in ’n anonieme peiling vir hul landgenoot Glen Jackson gestem as die reeks se swakste skeidsregter, maar dit is geen geheim vir wie Suid-Afrikaners sou stem nie.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie het Bryce Lawrence sommer as sy skeidsregter van die jaar in 2011 aangewys. Foto: Getty Images

Lees ook: Peiling onthul ‘swakste’ Super-skeidsregter

Hoewel Romain Poite, Jerome Garces en Mathieu Raynal van Frankryk meeste Springbok-ondersteuners se bloed laat kook, is daar een blaser wat nou maar altyd as die grootste sondebok beskou sal word.

Die Kiwi Bryce Lawrence het hom met sy vertoning in Suid-Afrika se 2011 Wêreldbekerkwarteindstryd teen Australië in 2011 vir ewig in Bok-ondersteuners se slegte boekies ingeblaas.

Hy het die Wallabies toegelaat om in alle fasette van die spel met moord weg te kom, veral by die afbreekpunte.

Die Bokke het balbesit en veldgebied oorheers, maar is van driedrukkanse ontneem deur David Pocock en kie wat telkemale vir oortredings ongestraf gebly het.

Lawrence het die Wallabies se onwettige taktiek by die afbreekpunte eenvoudig geïgnoreer en die Aussies het ’n omstrede sege van 11-9 teen wat destyds die mees ervare Bok-span van alle tye was, behaal.


Meer oor:  Bryce Lawrence  |  Toetsrugby  |  Romain Poite  |  Glen Jackson  |  Jerome Garces
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.