Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Haan mis WB ná hy ‘kop verloor’
Paul Gabrillagues verlaat die veld nadat hy verlede jaar in ’n toets teen die All Blacks met ’n geelkaart gestraf is. Foto: Getty Images

’n Oomblik van gekheid die afgelope naweek het die Franse slot Paul Gabrillagues waarskynlik sy plek in die Hane se groep vir die Wêreldbeker-toernooi in Japan gekos.

’n Tugkomitee van Wêreldrugby het Gabrillagues Dinsdagaand vir ses weke geskors nadat hy uitgewys is vir vuilspel in Frankryk se WB-opwarmstryd teen Skotland in Nice.

Dié 26-jarige hemelbesem het kop eerste by ’n afbreekpunt ingedons en die Skotse flank John Barclay, wat omkeerbesit probeer bewerkstellig het, hard teen sy kop gestamp.

Die tugkomitee het Gabrillagues tot middernag van 6 Oktober geskors, wat beteken dat hy Frankryk se eerste drie groepwedstryde (teen Argentinië, Amerika en Tonga) sal misloop, indien hy sy plek in die Hane se WB-groep behou.

Wêreldrugby se tugkomitee het bevind dat Gabrillagues se optrede doelbewus was en ’n rooikaart geregverdig het. Daarbenewens het dit teen hoë spoed plaasgevind en was die hou teen Barclay se kop so hard dat hy in die proses beseer is.

Die minimum voorgeskrewe straf vir só ’n oortreding is gewoonlik tien weke, maar die tugkomitee het Gabrillagues se skulderkenning en berou vir sy daad in ag geneem.

Gabrillagues het 48 uur om appèl aan te teken teen sy skorsing.

Meer oor:  Toetsrugby  |  Hane  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.