Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Hier kom die ‘Springbok-Rover’!

Vir die toegewyde ondersteuner wat sy passie vir sy nasionale rugbyspan met meer as net ’n groen pofbaadjie wil wys, is daar nou ’n alternatief: ’n Fris Range Rover Sport, uitgerus in die amptelike Springbok-groen van die Bokke se truie, met ’n paar goue Bok-kentekens op die bakwerk as bonuspunte.

Dié spesiale Range Rover is egter (voorlopig) nie vir enigeen te koop nie. Volgens Land Rover Suid-Afrika, wat die projek in samewerking met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Land Rover se Special Vehicles Operations in Engeland aangepak het, is die “Bok-Rover” net as ’n eenmalige proeflopie in sy Bok-trui omgetooi.

Só lyk die spesiale Springbok-weergawe van die Range Rover Sport. Foto: Motorpress.co.za
Geel stikwerk op die Range Rover se swart bekleedsel is ’n verwysing na die kenmerkende goue kleur in die Springbok-trui.Foto: Motorpress.co.za
Die “Bok-Rover” spog ook met groen stemmingsbeligting.Foto: Motorpress.co.za

Maar, sê Land Rover, as jy wel ’n paar los miljoen het en lus voel om uit te staan by die volgende braai …

Land Rover, een van die Bokke se borge, het met die hulp van Saru die gelisensieerde Bokgroen-kleur perfek nageboots in sy verf-werkwinkel by sy fabriek in Coventry. Die spesiale Ranger Rover is van die fabriek se produksielyn gehaal en in dié groen verfbad gedompel.

Daarna is Bok-kentekens in goud op die bakwerk geverf. Ander spesiale kenmerke sluit in geel stikwerk op die swart leersitplekke en by die deurpanele. Die remknypers is ook doodstop-goud.

Land Rover hoop om met dié eenmalige projek sy steun aan die Bokke en Bok-ondersteuners te onderstreep, kort voordat die span na Japan vertrek vir sy taai aanslag op die Wêreldbeker-kroon in September vanjaar.

Te oordeel aan die SA spanne in die Super-reeks se vertonings tot dusver, het Rassie Erasmus en sy troepe enige hulp nodig wat hulle kan ontvang. Vir die Bok-ondersteuners sal die Bok-Rover se groen stemmingsbeligting in die kajuit straks ook ’n nuttige kenmerk wees, kom September. – Motorredaksie

Meer oor:  Johannesburg  |  Wereldbeker-Toernooi  |  Land Rover  |  Springbokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.