Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Huldeblyk aan Bokke bekoor
Die Bokke vier fees die oomblik wat Siya Kolisi die William Webb Ellis-trofee vir die eerste keer bo sy kop lig. Foto: Getty Images

Dit is ’n rapsie meer as drie weke sedert die Springbokke die Wêreldbekertitel verower het en daar is steeds Suid-Afrikaanse aanhangers wat asemrowende huldeblyke aan hul span lewer.

Hierdie video op Paul Gardiner se Youtube-kanaal, wat al meer as 185 000 keer gekyk is, is ’n emosionele samestelling van die Bokke se suksesvolle veldtog in Japan en sal jou hoendervel gee al is jy nie ’n Suid-Afrikaner nie.

Die video kombineer verskillende onderhoude en nuusinsetsels en kyk na hoeveel kenners die Bokke afgeskryf het voor die eindstryd teen Engeland.

Dan volg ’n skitterende opsomming van die drama in die kragmeting in Jokohama, waar die Bokke aanvanklik die lewe uit die Engelse gewurg het voordat Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe die kersie op die koek geplaas het.

Die toevoeging van ’n bekende Nelson Mandela-toespraak aan die einde, dra by tot die gevoel van samehorigheid en hoop wat die Bokke vir die land gebring het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.