Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Pollard oor besering, ‘groot’ salaris
Handré Pollard speel sy klubrugby in Frankryk vir Montpellier. Foto: Getty Images

Handré Pollard is die nuutste gas op die Springboklegendes Jean de Villiers en Schalk Burger se YouTube-geselsprogram.

Dié Bok-losskakel verskyn op die Use It or Lose It-reeks waar hy praat oor sy lewe, sy besering en bespiegeling oor sy “groot” salaris.

Pollard bespreek hoe sy rehabilitasie van ’n ernstige kniebesering vorder. Hy bevestig die lang pad na sy terugkeer in April of Mei volgende jaar het begin en dat dit “goed gaan” met die herstelproses.

Gelukkig vir die Bokke beteken dit hy behoort slaggereed te wees vir die Britse en Ierse Leeus se toer in Julie 2021.

Hy gesels ook oor berigte van die “groot” salaris wat hy by sy Franse klubspan Montpellier verdien – en hom glo die beste betaalde rugbyspeler ter wêreld maak.

Pollard praat ook oor die feit dat hy terug is in Kaapstad vir ’n verlengde verblyf vir die eerste keer sedert sy skooldae.

– Sportredaksie


Meer oor:  Handré Pollard  |  Jean De Villiers  |  Schalk Burger  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.