Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Jonah Lomu oorheers skolerugby
Jonah Lomu ontvang die trofee by die Condor-skolesewestoernooi in 1993.

Dit is 25 jaar sedert rugby se eerste superster, Jonah Lomu, die sport op internasionale vlak in die 1995 Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika soos ’n bom getref het.

Maar slegs twee jaar vantevore het die legendariese All Black-vleuel vir Wesley College op skolevlak verteenwoordig.

RugbyPass het hierdie skaars beeldmateriaal op sy YouTube-kanaal gedeel waar Lomu in 1993 vir Wesley College by die Condor-skolesewestoernooi in Auckland uitdraf. Lomu het uiteraard ’n klomp drieë gedruk en agterna ’n uiters beskeie onderhoud gelewer waar hy sy liefde vir die sport deel.

Hy het die volgende jaar op 19 jaar en 45 dae die jongste speler geword om vir die All Blacks uit te draf toe hy sy toetsbuiging teen Frankryk maak.

Lomu het Nieu-Seeland in 73 toetse verteenwoordig. Hy was saam met die Springbok Bryan Habana die speler wat die meeste drieë in Wêreldbeker-toernooie aangeteken het – 15 – in die toernooie van 1995 en 1999.

’n Nierprobleem is reeds in sy speeljare by hom gediagnoseer, wat die einde van sy internasionale loopbaan beteken het. Hy het in 2004 ’n nieroorplanting gehad, maar dié nier het ook in 2011 ingegee.

Lomu was net 40 jaar oud toe hy in November 2015 dood is.

– Sportredaksie


Meer oor:  Skolerugby  |  Jonah Lomu  |  Toetsrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.