Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Kan Rassie weer 'n 'Eddie’ vind, vra Schalk

Die verlies van Swys de Bruin, aanvalskonsultant van die Springbokke, is ’n groot terugslag vir dié rugbyspan so kort voor die Wêreldbeker-toernooi afskop.

Só het die voormalige Springbok-kaptein Jean de Villiers Woensdag gesê ná die nuus dat De Bruin hom weens mediese advies aan die Bokke se afrigtingspan onttrek het.

De Villiers was saam met sy voormalige Bok-spanmaat Schalk Burger en Morné du Plessis, ’n voormalige Springbok-speler en -spanbestuurder van die 1995-Bok-span, aan die woord by ’n geselligheid van die Laureus-stigting en Tsogo Sun.

Jean de Villiers, die voormalige Springbok-kaptein.Foto: Gallo Images
Schalk Burger vroeër vanjaar in sy laaste seisoen vir Saracens in Engeland. Foto: Getty Images

Volgens de Villiers gaan De Bruin se onttrekking beslis ’n invloed op die Springbok-groep het.

“Natuurlik sal dit ’n uitwerking op die groep hê as jy jou aanvalsafrigter verloor,” het De Villiers, wat die Bokke in 2015 na die Wêreldbeker-toernooi gelei het, gesê.

“Soms kan jy daardie terugslag omskakel in iets positief. Dit bied die kans vir individue in die span om hul hand op te steek en verantwoordelikheid te neem.

“Dis ’n terugslag, waarskynlik net ’n kleintjie en nie katastrofies vir hul Wêreldbeker-veldtog nie.”

Volgens Burger bied De Bruin se onttrekking wel die geleentheid om iemand anders dalk te betrek.

Maar of dit so kort voor die toernooi gaan werk, kan ’n bekommernis wees.

“In 2007 was dit ’n meesterskuif deur Jake (White, voormalige Bok-afrigter) om Eddie Jones in te bring.
Schalk Burger

“In 2007 was dit ’n meesterskuif deur Jake (White, voormalige Bok-afrigter) om Eddie Jones in te bring,” het Burger gesê.

“Ons was in twee groepe verdeel en Rassie Erasmus (huidige Bok-breier) was met ons tydens die opbou tot die Wêreldbeker. Ek weet nie of hy veronderstel was om saam te gaan nie.

“Hy het ons egter verlaat en Eddie is toe ingebring. Hy was ’n vars bries. Dis natuurlik hartseer om Swys te sien gaan sonder dat hy die Wêreldbeker-veldtog klaarmaak, maar dis die geleentheid om iemand in te kry wat iets ekstra kan bied.”

Swys de Bruin gaan nie meer die Springbokke na die Wêreldbeker-toernooi vergesel nie.Foto: Gallo Images

Erasmus het in Pretoria, by die Bokke se span-aankondiging, erken dat hulle onkant betrap is deur dié wending, skryf Cobus Claassen.

“Dit is kort kennisgewing, hoewel hy ons ons reeds ná die wedstryd teen die All Blacks (op 27 Julie in Wellington) verlaat het. Ons het gehoop hy sal iewers terugkeer en het nie verwag dat dit permanent sal wees nie.

“Dit is jammer. As dit kom by ’n ou se persoonlike lewe, of dit gesondheid of jou familie is, dit kom altyd eerste.

“Ons het die afgelope twee weke oor die weg gekom sonder Swys, maar ons het hom gemis.

“Nie net sy rugbybrein nie, maar ook sy persoonlikheid. Hy is ’n goeie ou om op en van die veld af in die groep te hê.

“Hy het ’n groot bydrae gemaak en ons hoop dit sal met hom goed gaan,” het Erasmus gesê.

Meer oor:  Jean De Villiers  |  Swys De Bruin  |  Schalk Burger  |  Rassie Erasmus  |  Japan  |  Afrigter  |  Rugby  |  Wereldbeker  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.