Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Klarigheid oor hoogvatte, kontak met kop

Wêreldrugby se jaarlikse simposium oor spelerwelsyn en rugbyreëls is onderweg en beklemtoon sy doelwit om die sport veiliger en toegankliker vir toekomstige generasies te maak.

Die kwessie van kontak met die kop raak ’n al hoe groter probleem in rugby. Foto: Getty Images

Die beheerliggaam het verskeie video’s beskikbaar gemaak en die onderstaande insetsels verduidelik presies hoe skeidsregters en beamptes die kwessie van kontak met die kop in die sport benader.

Daar was die afgelope tyd verskeie omstrede beslissings en skorsings en baie het te make met wat as onwettige kontak met ’n teenstander se kop beskou word.

Al hoe meer spelers tree na vore wat sukkel met die nagevolge van harsingskudding, insluitende demensie. Wêreldrugby het hom dus daartoe verbind om alles in sy vermoë te doen om die sport veiliger te maak en die ernstige implikasies van kopbeserings te vermy.

Kyk hieronder hoe die gesiene skeidsregter Wayne Barnes beslissings rondom kontak met die kop bespreek. Hy verduidelik ook breedvoerig die presiese proses wat deur beamptes gevolg word.

Die Nieu-Seelandse afrigter Joe Schmidt, wat in Oktober 2020 as Wêreldrugby se direkteur van rugby aangestel is, verduidelik hoe daar besluit is oor die huidige reëls en stelsels wat kontak met die kop takel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Pro14  |  Toetsrugby  |  Wêreldrugby  |  Superrugby  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.