Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Kurt gekap oor flater met volkslied

Die gewilde Suid-Afrikaanse musikant Kurt Darren het hom Maandagaand in ongewenste geselskap saam met diegene soos Ras Dumisani en Ard Matthews aangesluit.

Kurt Darren het Maandagaand ’n paar flaters gemaak met sy weergawe van die volkslied. Foto: Facebook

Dumisani en Matthews het albei berugtheid verwerf vir hul onderskeie rampspoedige weergawes van die Suid-Afrikaanse volkslied.

Darren, ’n bekroonde sanger bekend vir treffers soos Kaptein (Span Die Seile), het verskeie televisiekykers, spelers en toeskouers by die Varsitybeker-eindstryd in Stellenbosch ontstel en laat lag toe hy die lirieke van “Nkosi Sikelel’ iAfrika” verkeerd gesing het.

Matthews, hoofsanger van die rockgroep Just Jinger, het in 2011, toe hy die volkslied moes sing tydens die regstreekse uitsending van die aankondiging van die Springbok-groep vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland, die woorde vergeet, tussendeur begin lag en die verkeerde kitaar-drukke gebruik wat dit laat klink het of hy erg vals is.

Dumisani het in 2009 ’n nog rampspoediger weergawe van die volkslied by ’n rugbytoets in Toulouse, Frankryk, gesing.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.