Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Marler oor dáái haka; sing Adele

Die Engelse rugbyspeler Joe Marler is waarskynlik meer bekend vir sy kwinkslae, grapmakery en haarstyl as sy skrumwerk.

Marler, deel van Eddie Jones se 23-tal wat in die Wêreldbekereindstryd teen die Springbokke verloor het, was weer op sy stukke met sy verskyning op ’n Britse televisieprogram verlede naweek.

Hy het hom by sy spanmaats Ben Youngs, Tom Curry en Manu Tuilagi aangesluit in ’n onderhoud met die TV-persoonlikheid Jonathan Ross.

Die groep het onder meer gesels oor die Rose se omstrede reaksie op die All Blacks se haka by die spanne se kragmeting in die halfeindstryd van die rugbyskouspel in Japan. Die Engelse is beboet nadat verskeie spelers die halflyn oorgesteek het toe die Kiwi’s hul tradisionele uitdaging uitgevoer het en het nie geroer nie toe beamptes hulle probeer terugstuur na hul helfte van die veld.

Marler het die skuld gekry omdat hy glo nie heeltemal verstaan het wat hy moes doen nie.

Marler, wat nooit skaam is vir die kamera nie, het later sommer ook die mikrofoon gegryp en een van die gaste getrakteer met ’n weergawe van die Britse sangsensasie Adele se treffer “Hello”.

Dit blyk die stut het Engeland se nederlaag teen die Bokke vinniger verwerk as die meeste van sy spanmaats.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Haka  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby  |  Joe Marler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.