Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Nóg emosie toe CJ Munster groet
CJ Stander het 152 wedstryde vir Munster gespeel. Foto: Getty Images

Die Ierse rugbyster CJ Stander het vir die tweede keer in twee weke ’n emosionele onderhoud gelewer terwyl hy gereedmaak om na sy geboorteland, Suid-Afrika, terug te keer.

Hy het die Ierse nasionale span verlede maand op ’n hoë noot gegroet met ’n oorwinning teen Engeland in die laaste ronde van die Sesnasiesreeks, maar sy klubloopbaan het nie dieselfde sprokieseinde gehad nie.

Stander het Munster Saterdag aangevoer in ’n nederlaag van 33-40 teen Toulouse in ’n riller van ’n Kampioenebeker-uitklopwedstryd. Munster het ook verlede naweek die Pro14-eindstryd teen Leinster verloor.

Stander het ná Saterdag se kragmeting gesê hy sien daarna uit om in die toekoms as ’n toeskouer na Thomond Park terug te keer en het emosioneel geraak toe hy oor die stadion se “spesiale” atmosfeer praat.

Meer oor:  Munster  |  Europese Kampioenebeker  |  Toetsrugby  |  Cj Stander
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.