Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Novak se boodskap aan Bokke
Novak Djokovic skaar hom agter die Bokke. Foto: Getty Images

Die wêreld se nommereen-tennisspeler Novak Djokovic het ’n boodskap vir die Bokke.

In ’n video van Asics, die vervaardiger van die Bok-trui, wens Djokovic die Spingbokke sterkte toe met hul Wêreldbekerveldtog in Japan.

“Go, Bokke!” sê die Serwiër in die video wat Dinsdag op Instagram gedeel is.

Djokovic, wie se deelname aan die Amerikaanse Ope vroeër vandeesmaand in New York weens ’n skouerbesering kortgeknip is, sal moontlik aan die einde van September ook in Japan in aksie wees.

Die tennisster het aan RTS Serbia gesê hy hoop om in die volgende week of twee terug te keer na die baan en beplan om in die Japanse Ope in Tokio te speel.

Die Springbokke se eerste Wêreldbeker-wedstryd is Saterdag teen Nieu-Seeland in Jokohama.

View this post on Instagram

Thanks @djokernole for the support. ????

A post shared by Cobus Reinach (@cobus.reinach) on

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.