
Nieu-Seelandse ondersteuners is steeds bitter oor die Fransman Yannick Jauzion (middel) se drie in die Wêreldbekertoernooi in 2007 wat die All Blacks ’n plek in die halfeindronde gekos het. Foto: Getty Images
Daar was oor die jare heen genoeg omstrede drieë om rugbyaanhangers se vertroue in beamptes tot in sy fondamente te skud.
Onthou jy byvoorbeeld CJ Stander se vyfpunter teen die Brumbies destyds ná Morné Steyn se liederlike aanslaan eenvoudig deur die skeidsregter en sy assistente geïgnoreer is?
Die onderstaande video bevat daardie voorval, asook ’n klompie ander wat ondersteuners se bloed laat kook het.