Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Oud-Bok Dalton wil teen Haskell veg
James Dalton gaan vanjaar in gemengde gevegskuns meeding. Foto: Gallo Images

Die voormalige Springbok-haker James Dalton kan later vanjaar in die gemengdegevegskuns-kryt klim.

Dalton (49) en Cairo Howarth, president van die EFC (Extreme Fighting Championship), het die nuus in ’n onderhoud met die Money Man vir SA Rugby Mag bevestig.

Die voormalige Engelse toetsrugbyspeler James Haskell (34) het ’n kontrak met die gemengdegevegskuns-promotor Bellator MMA (Mixed Martial Arts) onderteken en gaan in die afdeling vir swaargewigte deelneem.

James Haskell Foto: Getty Images

Dalton daag Haskell in die video uit. “Haskell, as jy luister, kom ons begin met die onderhandelinge,” sê hy.

“Bullet” Dalton was ’n sleutelfiguur in die sogenaamde “Battle of the Boet” in die Wêreldbekertoernooi op tuisbodem in 1995.

Hy was een van die spelers wat in die Bokke se laaste groepwedstryd teen Kanada in die Boet Erasmus-stadion afgestuur is vir hul aandeel in ’n bakleiery. Dalton is geskors en het die res van die toernooi misgeloop.

– Sportredaksie

Meer oor:  James Dalton  |  Efc  |  Toetsrugby  |  Mma  |  James Haskell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.