Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Plettervat maak opslae in CB-stryd
Die Haaie se Sanele Nohamba is Saterdag in ’n reuseplettervat platgeduik. Foto: Gallo Images

Sanele Nohamba, skrumskakel van die Haaie, was die afgelope naweek in ’n Curriebeker-halfeindstryd teen die Westelike Provinsie aan die ontvangkant van een van die grootste plettervatte van die rugbyseisoen.

Nohamba moes in die lug spring om ’n swak aangee van sy spanmaat Sikhumbuzo Notshe te bemeester en sy ribbes was blootgestel aan ’n klipharde laagvat deur die WP-vleuel Angelo Davids.

Soortgelyk plettervatte sou die meeste spelers in erge pyn op die grond laat lê het, maar Nohamba was in staat om stadig op te staan en voort te speel.

Die televisiekommentators en aanhangers op sosiale media het die wettigheid van die duikslag bevraagteken omdat Nohamba in die lug was toe hy man en bal gelyk gekry het.

Die wedstrydbeamptes het egter beslis daar was niks fout met Davids se poging nie.

Nohamba is in die tweede helfte deur Jaden Hendrikse vervang.

Sean Everitt, die Haaie se afrigter, het later bevestig Nohamba is piekfyn.

“Nohamba is nie in die plettervat beseer nie, hoewel dit nogal erg gelyk het,” sê Everitt.

“Ons sal weer na die voorval kyk, maar ons het uiteindelik gevoel Jaden sou ons bietjie meer bied, daarom is hy op die veld gestuur,”

“Sanele was lank buite aksie, so ons wou hom nie te veel uitput nie.”

Die Haaie het op Nuweland met 19-9 geseëvier en pak die Bulle op Loftus Versfeld in die eindstryd.

– Sportredaksie

Meer oor:  Haaie  |  Westelike Provinsie  |  Angelo Davids  |  Sanele Nohamba  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.