Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rosko praat oor ‘Specmagic’-drie
Rosko Specman plaas die bal netjies in die hoekie met die Stormers se Godlen Masimla by hom. Foto: Jaco Marais

Hoewel dit nie so mooi uitgewerk die vorige keer toe hy dit probeer het nie, het hy kans gesien toe hy sien sy teenstander is min of meer van dieselfde liggaamsbou as hy.

So sê Rosko Specman, vleuel van die Cheetahs, oor sy skouspelagtige “Specmagic”-duikdrie in die Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Stormers Saterdagaand op Nuweland.

Die bal het op die regte tyd reg gespring vir hom en hy het met sy bene buite die speelveld en sy lyf steeds in die lug daarin geslaag op die bal netjies in die hoekie te plant.

“Ek het tydens ons proewe aan die begin van die seisoen dit ook probeer doen, maar toe het Malcolm Jaer my uitgeduik.

Ek het tydens ons proewe aan die begin van die seisoen dit ook probeer doen, maar toe het Malcolm Jaer my uitgeduik.
Rosko Specman

“Ek het gedink as ek gewoonweg duik, sal ek dalk (by die kantlyn) uitgeduik word.

“Die tydsberekening met alles was ook perfek. Ek het ook net gedink ek moet die bal regop hou.”

Specman sê hy het gesien dis die Stormers se plaasvervanger-skrumskakel, Godlen Masimla, wat voor hom is, wat min of meer soos hy gebou is. Hy het toe besluit om so te duik.

Die vlieënde Blitsbok het dié teenaanval agter sy tienmeter-lyn begin en ná twee skoppe reggekry om op die ongewone wyse af te rond.

Dit was die Vrystaters se enigste drie in die wedstryd wat die tuisspan met 30-13 gewen het.

Dit was Specman se vierde drie in die kompetisie, die meeste deur ’n Cheetah.

Ruan Pienaar, voormalige Bok-skrumskakel, in aksie vir die Cheetahs. Foto: Gallo Images

Die vleuel kon een meer gehad het as hy nie in die eerste wedstryd teen die Pumas die bal – toe hy reeds oor die doellyn gedraf het – vir die skrumskakel Ruan Pienaar aangegee het om dit onder die pale te druk nie.

Specman is min gepla of hy die span se voorste driedrukker is of nie, dit gaan vir hom oor die span se vertoning.

Die 31-jarige Specman het steeds sy oog daarop om die Blitsbokke volgende jaar by die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

Specman, met ’n bronsmedalje van Rio de Janeiro in 2016 in sy besit, sê dis ’n geleentheid wat min op ’n spelers se pad kom.

Hy sê hy en Hawies Fourie, die Cheetahs se afrigter, het ’n goeie verstandhouding daaromtrent sou die Blitse hom vorentoe benodig. Hulle het dit ook met sy terugkeer na die Cheetahs bespreek.

So lyk Specmagic in aksie:

Meer oor:  Ruan Pienaar  |  Rosko Specman  |  Bloemfontein  |  Drie  |  Rugby  |  Unlocked  |  Cheetahs  |  Blitsbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.