Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Maestro Rosko wys Blitse hoe

Net soos met sy toneelspelery in ’n promosievideo in aanloop tot die naweek se Kaapstad-sewestoernooi, wil die Blitsbok Rosko Specman sy span tot ’n tweede titel hier begelei.

“As die rugbyding nie meer uitwerk nie, is daar dalk ’n loopbaan vir my in die orkes,” het Specman Donderdag in ’n gesprek ná ’n oefensessie by Bishops geskerts.

Rosko Specman gedurende ’n Blitsbok-mediakonferensie in Kaapstad voor die naweek se toernooi. Foto: Gallo Images

“Hoe goed het ek nie in daai pak gelyk nie? Ek sê jou, ek dink ek mag maar.”

Die Blitsbuks het verwys na ’n promosievideo vir die Moederstad-toernooi waar hy in die rol van dirigent – kompleet met dirigeerstokkie en swaelstertpak – sy Blitsbok-spanmaats begelei, wat elk saam met lede van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes ’n instrument “bespeel”.

Maar aan die vooraand van die toernooi het Specman en sy Blitsbok-spanmaats se tyd vir grappies maak al hoe minder begin word, want daar is ’n saak om te gaan regstel nadat hulle verlede jaar in die Kaap teen die verwagting in deur Engeland geklop is.

Ofskoon die Blitsbokke teleurgestel het, was 2016 se toernooi steeds ’n spesiale een vir die 28-jarige boorling van Grahamstad, ná sy spogdrie in die halfeindstryd teen Nieu-Seeland.

Dié drie het die Blitsbokke se plek in die eindstryd bespreek en Specman hoop hy en sy spanmaats kan weer met so ’n paar truuks vorendag kom om teenstanders en ondersteuners mee te betower.

“Dis ’n absoluut fantastiese gevoel om weer terug by die huis te wees, weer my rugbystewels aan te trek en voor ons ondersteuners te speel. Ons weet hoe belangrik dit is om op ons beste te wees. Dis die énigste geleentheid om voor ons tuisskare te speel,” sê Specman.

Volgens hom kan daar nie die naweek weer teleurgestel word wanneer 60 000 luidrugtige ondersteuners hulle in die Kaapstad-stadion aanmoedig nie.

“Jy kon in verlede week se toernooi in Dubai sien dat dit glad nie so maklik is om net op te daag en te wen nie. Uganda het ons onder druk geplaas en het selfs in ’n stadium van ’n skoksege gedroom.

“Dit is wat sewesrugby so spesiaal maak, want daar is nie iets soos ’n maklike wedstryd nie. Ons weet dat die standaarde gelig moet word as ons hier wil wen.”

Neil Powell, Blitsbok-afrigter, het Woensdagaand ’n onveranderde span vir die toernooi gekies, met al noemenswaardige skuif die insluiting van Siviwe Soyizwapi as die 13de spanlid (sou iemand in die spelende groep van 12 ’n besering opdoen).

Soyizwapi het as kaptein van die Blitsbokke se akademiespan in Dubai se internasionale uitnodigingstoernooi opgedraf en sal volgens Powell ’n belangrike rol vertolk, sou iemand gedurende die toernooi ’n ernstige besering opdoen.

“Hy het baie goed gevaar in Dubai en die feit dat hy wedstryde gespeel het, sal ook verseker dat hy makliker kan inskakel sou ons hom benodig,” sê Powell.

Suid-Afrika kom Saterdag in Groep A teen Rusland, Frankryk en Kenia te staan.

 

Blitsbokspan: Chris Dry (63 toernooie), Philip Snyman (kaptein, 48), Tim Agaba (11), Kwagga Smith (28), Werner Kok (30), Kyle Brown (59), Branco du Preez (56), Rosko Specman (22), Justin Geduld (31), Cecil Afrika (54), Seabelo Senatla (34), Ruhan Nel (22). 13de lid: Siviwe Soyizwapi (12).

Meer oor:  Sewes  |  Blitsbokke  |  Rosko Specman  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.