Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: ‘Rugby-dekking aaklig en vervelig’
Die uitgesproke voormalige toetsrugbyspeler James Haskell. Foto: Getty Images

Die voormalige Engelse flank James Haskell beskryf rugby se televisiedekking as “aaklig en vervelig”.

Rugby365 berig Haskell glo die sport moet ophou lol met sy magdom reëls en daarop fokus om ’n beter produk te lewer wat beter tred hou met die jonger generasie.

Haskell (34) het rugby verlede jaar vaarwel toegeroep en ’n kontrak met die gemengdegevegskunspromotor Bellator MMA onderteken. Hy kyk steeds rugby op TV en is glad nie beïndruk met wat hy sien en hoor nie.

“Ek dink die hele spel moet klem lê op toeganklikheid en ek dink die TV-kommentaar is eenvoudig aaklig en vervelig,” sê Haskell op die The House of Rugby-poduitsending, waar hy saam met sy voormalige Engelse spanmaat Mike Tindall die kwessie bespreek het.

“Ek het die TV-dekking van die Sesnasiesreeks gekyk. Daar is aanbieders wat steeds betrokke is wat hul werk uitstekend doen, maar daar is ’n jonger generasie wie se aandag maklik afgelei word – jy moet pittig en interessant wees.

“Jy moet mededingend wees in ’n mededingende markplek. Jy moet ’n produk skep wat pret is om te aanskou, maklik verstaanbaar is . . . jy moet roekeloos wees.”

Haskell het 77 toetse vir Engeland gespeel en ook sy rugbytalent in Japan, Frankryk en vir die Highlanders in Superrugby uitgestal. Hy glo die opskorting van sport weens die Covid-19-pandemie is ’n goeie geleentheid vir rugby om selfondersoek te doen en oor te begin.

Hy voel ook die spel verander so vinnig dat kommentators spoedig uit voeling raak.

“Enigiemand wat nie minstens die afgelope vyf jaar in die kleedkamer teenwoordig was nie, kyk maar net rugby soos enigiemand anders.”

Haskell reken rugby ly aan ’n kop-in-die-sand-houding.

“My kommer met rugby en die beroepsport is dat die mense wat betrokke is, dink rugby is alles en dat almal oor rugby omgee. Hulle dink almal weet van rugby, maar dit is nie so nie.

“Rugby gaan nooit met byvoorbeeld sokker meeding nie. Rugby is in ’n borrel en buite daardie borrel besef jy mense gee nie om nie en rugby is nie naastenby so gewild soos sokker nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Superrugby  |  Sesnasies  |  James Haskell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.