Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: 'Rugby raak patetiese sport'

Die voormalige Engelse agtsteman James Haskell sê rugby verander in ’n patetiese sportsoort. Dit kom nadat sy Wasps-span van ’n drie ontneem is weens ’n gevaarlike duikslag wat hy uitgevoer het.

James Haskell het rugby se reëls gekritiseer ná afloop van sy laaste tuiswedstryd vir Wasps. Foto: Getty Images

Suff.co.nz berig Haskell het Sondag as plaasvervanger vir Wasps in hul Engelse Premierliga-kragmeting teen Northampton Saints opgedraf.

Hy was op moedverloor se vlakte toe die skeidsregter sy spanmaat, John Bassett, se drie nie toegeken het nie weens ’n hoogvat wat Haskell in die aanloop tot die vyfpunter uitgevoer het.

“Ek is nogal emosioneel oor die laaste strafskop, ek weet nie wat met rugby gebeur het nie,” het Haskell in ’n onderhoud op die veld ná afloop van die wedstryd gesê.

“Dit lyk asof ek op die regte tyd begin afskeid neem, want dit raak op die oomblik ’n bietjie van ’n patetiese sportsoort.”

Dit was die 33-jarige losvoorspeler se laaste tuiswedstryd vir Wasps, wat die besoekers met 36-29 geklop het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Engelse Premierliga  |  James Haskell  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.