Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Fyn lyn tussen verneuk en slimstreke

Baie is gesê sedert Beauden Barrett se onsportiewe gedrag teen Suid-Afrika in die tweede ronde van die Rugbykampioenskap, met sommiges wat selfs dink die All Black-losskakel is ’n “skelm”.

Beauden Barrett gesels met sy kaptein Kieran Read voor daardie skop teen die Bokke. Foto: Getty Images

Barrett het in die toets teen die Springbokke in Wellington ’n paar meter “gesteel” voor ’n skop pale toe. Hy het met sy voet die bal nader aan die doelpale getik toe die skeidsregter sy rug op hom draai.

Daar was oor die jare heen ’n klomp gevalle waar die gees van die spel oortree is, sommige erger as ander. Die fyn lyn tussen onsportiewe gedrag en verneukery bly deurlopend ’n gesprekspunt.

Die grootste skandaal is sekerlik die Tom Williams/Dean Richards “bloodgate”-voorval van 2009. Die Harlequins-vleuel is deur Richards, direkteur van die klub, opdrag gegee om ’n bloedkapsule stukkend te byt en sodoende Nick Evans toe te laat om terug te keer na die veld as ’n plaasvervanger. Williams is vir 12 maande geskors, terwyl Richards ’n skorsing van drie jaar ontvang het.

Die spel word deesdae danksy televisiekameras met ’n valkoog dopgehou en dit wil voorkom asof dit makliker geword het om “verneukers” vas te trek, maar die realiteit is dat daar sommige dinge is waarmee spanne al jare lank wegkom.

Die onderstaande video kyk na voorvalle van blatante verneukery, asook gevalle wat onthou sal word vir erg onsportiewe gedrag.

RugbyDump

Meer oor:  Bokke  |  Beauden Barrett  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.