Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbyspeler wat 'verlam' was, loop weer

Tussen al die somber nuus oor die Covid-19-pandemie deur, is daar die goeie nuus dat ’n rugbyspeler wat vroeër vanjaar ’n ernstige nekbesering opgedoen het, sonder hulp kan loop.

Michael Fatialofa word op 4 Januarie van die veld gehelp nadat hy beseer is. Foto: Getty Images

Die 27-jarige Michael Fatialofa, ’n Nieu-Seelander wat vir die Engelse klubspan Worcester Warriors slot speel, het die besering op 4 Januarie opgedoen.

Hy is vier weke lank in ’n Londense hospitaal behandel en geopereer voordat hy oorgeplaas is na ’n kliniek wat in rugbeserings spesialiseer.

Sy span het destyds gesê “kneusing van die rugstring” is by Michael gediagnoseer.

Die Warriors het Saterdag ’n video op Twitter gedeel waar hy sonder ondersteuning loop.

Fatialofa se vrou, Tatiana, het die video op Instagram gedeel en geskryf: “Hy was letterlik tien weke lank van die nek af ondertoe verlam. Maar my ongelooflike man is ’n bewys dat God nie beperk word deur menslike wysheid nie. Ek is so dankbaar.” – Sportredaksie


Meer oor:  Michael Fatialofa  |  Worcester Warriors  |  Verlam  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.