Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Spelers se boek-stryd woed voort
James Haskell (links) en Joe Marler het mekaar destyds op die rugbyveld ook lekker gas gegee. Foto: Getty Images

Die uitgesproke Engelse stut Joe Marler en die Wasps-legende James Haskell is in ’n stryd gewikkel nadat albei die afgelope maand hul eie boek bekend gestel het.

Marler besoek die laaste tyd boekwinkels en span allerhande onderduimse metodes in om sy mededinger se kanse om goeie verkope te behaal, te belemmer.

Haskell se boek, What a Flanker, is aan die begin van Oktober bekend gestel, met Marler wat komiese video’s van sy “sabotasie” op Twitter deel.

Maar Haskell ken ook van vuilspel en het op ’n besoek aan ’n Waterstones-boekwinkel sy eie plakkers op die Harlequins-voorry se poging, Loose Head, aangebring.

Dié plakkers lui “Koop een en kry nege gratis” en “Nie so goed soos What a Flanker nie”.

Alles word uiteraard in goeie gees gedoen, maar onthou die keer toe hierdie twee mekaar in ’n wedstryd te lyf gegaan het?

Marler het behoorlik onder Haskell se vel geklim:

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  James Haskell  |  Joe Marler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.