Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: SA speler vra Macron om burgerskap

Daar was ’n unieke versoek deur een van die spelers in Saterdag se Top14-eindstryd tussen Toulouse en Clermont in Parys.

Rugby365 berig die voorval het plaasgevind kort voor die afskop toe die spelers aan pres. Emmanuel Macron van Frankryk voorgestel is.

Macron is voorgekeer deur Toulouse se Suid-Afrikaanse voorry Maks van Dyk met die versoek: “Kan ek asseblief Franse burgerskap kry?”

Macron het met ’n glimlag geantwoord: “Wel, kom ons begin die proses.”

Dit was ’n ligte oomblik, maar dit het nie een van Van Dyk se spanmaats gekeer om ’n foto op sosiale media te deel van die Suid-Afrikaner wat ’n belangrike dokument vashou nie.

Sommige aanhangers het Romain Ntamack se draakstekery as die ware Jakob beskou, maar Van Dyk het later bevestig die foto wat sy spanmaat op Twitter gedeel het, was ’n grappie.

“Dit is net ’n grappie, maar ek hoop regtig om binnekort ’n Franse burger te wees,” sê Van Dyk.

Van Dyk, wat in Johannesburg gebore is, het vir die Cheetahs, Griekwas en Leinster uitgedraf voordat hy in 2016 die skuif na Toulouse gemaak het.

Toulouse het Saterdag se Top14-eindstryd teen Clermont met 24-18 gewen.

– Sportredaksie

Meer oor:  Top14  |  Toetsrugby  |  Clermont  |  Toulouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.