Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Schalk beskryf 'grootste mens'
Die groot Samoaanse agtsteman Henry Tuilagi word deur die Bok-losvoorspelers Danie Rossouw (links) en Schalk Burger platgetrek in die 2--7 Wêreldbekertoernooi. Foto: Getty Images

Baie rugbyaanhangers was verslae om te sien hoe Henry Tuilagi die Springbok-voorspelers manalleen aandurf in Suid-Afrika se 2007 Wêreldbeker-wedstryd teen Samoa in Frankryk.

Die legendariese Bok-flank Schalk Burger beskryf in die onderstaande video sy ervaring om teen die groot Samoaan te staan te kom.

Burger en Jean de Villiers se nuwe geselsprogram, Use it or Lose it, raak weekliks gewilder en die boesemvriende se gas op verlede week se episode was Butch James, hulle spanmaat toe die Bokke die Web Ellis-trofee in Frankryk verower het.

Dié losskakel gesels oor sy berugte duikslag-tegniek, hoe hy mettertyd geleer het om in die hitte van die stryd kalm te bly en sy energie op die spel, eerder sy teenstander, te fokus.

Dit lei na ’n komiese gesprek met Burger oor die groepwedstryd teen Samoa wat die Bokke met 59-7 gewen het en hoe Tuilagi die Bok-losvoorspelers laat les opsê het.

– Sportredaksie


Meer oor:  Jean De Villiers  |  Schalk Burger  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Butch James  |  Samoa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.