Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Só lyk Bok-trui vir WB-toernooi

Olyfgroen en oranje-goud – soos toe die Springbokke in 1995 die Wêreldbeker-toernooi gewen het.

Só lyk die Bok-trui wat spelers by vanjaar se WB-toernooi in Japan gaan dra. Die embleem verskyn op die linkermou, omdat spanne verplig is om die “Rugby World Cup”-kenteken regs op hul bors te dra.

Die Springbok-trui vir vanjaar se Wêreldbeker-toernooi. Foto: Verskaf

Asics, wat die trui vervaardig, het onderhoude met spelers gevoer en wedstryd-ontledings gedoen voordat die trui vervaardig is.

Die trui spog met:

* “’n Ikoniese kraag”.

* Dunner en ligter materiaal.

* ’n Kleef-effek om dit makliker te maak om die bal te vang en mee te hardloop wanneer dit teen die bors gedruk word.

* Rekmateriaal om spelers te help om uit duikslae los te wikkel.

* ’n Ontwerp wat spelers se arms soveel moontlik beweeglikheid gee.

* ’n Naat aan die kante om met bindwerk in die skrums te help.

Die trui is vanaf 26 April te koop.

Die Bok-trui vir vanjaar se WB-toernooi herinner aan dié van 1995 se kampioenspan. Foto: Verskaf
Die Bokke se alternatiewe trui, wat ook by die WB-toernooi gedra gaan word. Foto: Verskaf

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.