Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Sonny Bill in trane oor terreur

Die All Black-ster Sonny Bill Williams het ’n emosionele video van bemoediging gedeel ter ondersteuning van die slagoffers van die skietery by twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland.

Williams, ’n Moslem, sê in die video op sosiale media dat hy dit moeilik vind om te aanvaar wat Vrydagoggend gebeur het.

“Nou net die nuus gehoor, ek kan nie in woorde beskryf hoe ek op die oomblik voel nie,” sê hy.

“Ek stuur my duas aan die gesinne, blykbaar is daar nagenoeg 30 mense dood.”

Dua word beskryf as die kern en wese van aanbidding.

“Ek stuur my duas aan almal wat vandag hul lewe in Christchurch verloor het . . . julle ouens is almal in die paradys.

“Ek is net diep, diep hartseer dat hierdie in Nieu-Seeland kan gebeur.”

Kieran Read, kaptein van die All Blacks en die Crusaders, het onthul dat hy Vrydag omstreeks 16:30 (Nieu-Seelandse tyd) in ’n skoolsaal vasgekeer was terwyl hy gewag het vir sy dogters, Elle en Eden, wat onder toesig gehou is.

Kieran Read speel vir die Crusaders wat in Christchurch gesetel is. Foto: Getty Images

“My gedagtes is saam met al die slagoffers vandag,” sê hy.

“Ek is in die skoolsaal toegesluit en wag op my dogters.”

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.