Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Spiertier kom moses tee op rugbyveld

Die gewilde Youtube-ster Jujimufu het ’n harde les by die Melbourne Rebels geleer – rugby vereis veel meer as ’n gekondisioneerde liggaamsbou en groot spiere.

Jujimufu, oftewel Jon Call, is bekend vir sy strawwe fiksheid-regime. Hy spog met ’n stewige gevolg op sosiale media danksy lighartige video’s wat liggaamsbou en indrukwekkende akrobatiese oefeninge kombineer.

Sy opgang in die fiksheid-wêreld het gesorg dat hy skouers skuur met bekende name soos die Yslander Hafþór Júlíus Björnsson, bekend vir sy rol as Ser Gregor Clegane (The Mountain) in Game of Thrones.

Jujimufu oefen in sy jongste video saam met die Rebels se Super-span en neem deel aan verskeie rugby-uitdagings, soos ingooi by die lynstaan, uitgee en duikslae.

Die Rebels toets hom behoorlik en die hoogtepunt van die video is waar hy in ’n plettervat deur Pone Fa’amausili platgeduik word, alles natuurlik in ligte luim.

– Sportredaksie

Meer oor:  Rebels  |  Jujimufu  |  Jon Call  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.