Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Stut poog laaste duikslag op pad van veld

Beka Gvaramia, stut van Georgië, het die afgelope naweek mediese behandeling opgeoffer om ’n Jaguares-teenstander plat te trek in ’n voorseisoense wedstryd in Buenos Aires.

Die Argentynse Superrugbyspan het die kragmeting teen Georgië gebruik as voorbereiding vir die nuwe seisoen wat Vrydag begin.

Die beseerde Gvaramia was besig om die veld met die hulp van die spandokter te verlaat toe die Jaguares-agterspeler Santiago Carreras op hom afhardloop.

Die spandokter het besef wat Gvaramia beplan en vinnig na die kantlyn beweeg toe hy sien dat sy pasiënt sy yspak eenkant gooi. Gvaramia het reggemaak om Carreras plat te trek, maar sy duikslag was onsuksesvol en die Jaguares het agter die doellyn gaan kuier.

Die wedstryd het met 66-7 in die tuisspan se guns geëindig.

Die Jaguares begin sy Superrugbyveldtog teen die Leeus op 1 Februarie.

VOLLE HOOGTEPUNTE:

– Sportredaksie

Meer oor:  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.