Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Volkslied-flater nie in Ras-hul se klas
Die Wallaby-spelers sukkel om hul lag te hou.

Marcelo Zelada bevind hom nie heeltemal in dieselfde ongewenste klas as mense soos Kurt Darren, Ras Dumisani en Ard Matthews wat met hul eie land se volkslied drooggemaak het nie.

Dié Argentyn het voor 'n Rugbykampioenskaptoets in Oktober 2014 tussen die Poemas en die Wallabies in Mendoza die korrekte lirieke van die Australiese volkslied, “Advance Australia Fair”, met 'n algehele gebrabbel vervang.

Die Wallaby-spelers het gesukkel om hul lag te hou terwyl die tenoor frases kwytgeraak het soos “Or wealth and toils and wealth for soils” en “Worth goyz wingart arn sea”.

“Wel, dit is ’n interessante weergawe van ‘Advance Australia Fair’,” het die Fox Sports-rugbykommentator Greg Clark verklaar.

“My grootste gunsteling nog,” het sy kollega Greg Martin bygevoeg.

Darren het verlede jaar televisiekykers, spelers en toeskouers by die Varsitybekereindstryd in Stellenbosch ontstel en laat lag toe hy die lirieke van “Nkosi Sikelel’ iAfrika” verbrou het.

Matthews, hoofsanger van die rockgroep Just Jinger, het in 2011, toe hy die volkslied moes sing tydens die regstreekse uitsending van die aankondiging van die Springbokgroep vir die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland, die woorde vergeet, tussendeur begin lag en die verkeerde kitaarakkoorde gebruik wat dit laat klink het of hy erg vals is.

Dumisani het in 2009 ’n nog rampspoediger weergawe van die volkslied by ’n rugbytoets in Toulouse, Frankryk, gesing.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Ard Matthews  |  Kurt Darren  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.