Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Voorryman se emosionele onderhoud
Kyle Sinckler sit op loop in Saterdag se wedstryd tussen die Bristol Bears en Bath. Die Bears het met 40-20 gewen. Foto: Gtty Images

Die Engelse voorryman Kyle Sinckler sê hy het sy “woede” omdat hy nie vir die Britse en Ierse Leeus se rugbytoer na Suid-Afrika gekies is nie op ’n “positiewe manier” gebruik om vir die Bristol Bears ’n skitterende vertoning te lewer.

Sinckler is as die Speler van die Wedstryd in die Bears se oorwinning Saterdag oor Bath aangewys.

In ’n emosionele onderhoud agterna op BT Sport het die taai voorspeler soms gesukkel om sy woorde te vind.

Dié vaskopstut, wat vroeg in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen die Springbokke in 2019 beseer is, het toegegee dat hy “verpletter” was omdat hy nie die Leeus se toergroep van 37 gehaal het nie.

Sinckler pluk gedurende die onderhoud aan sy linkeroor asof dit ’n stuk rubber is. Hy maak proes-geluide en dit lyk in ’n stadium asof hy in trane gaan uitbars.

Dan vertel hy dat hy besluit het om sy woede te gebruik om met ’n goeie vertoning te wys dat hy nie van plan is om net op ’n hoop te gaan sit en huil nie.

“Ek wou vir die kinders wys dat dit nie nodig is om net die speelgoed uit jou stootwaentjie te gooi nie,” sê Sinckler.

Dié stut het al 44 keer vir Engeland gespeel en het ook in 2017 saam met die Leeus deur Nieu-Seeland getoer.

Warren Gatland, die Leeus se breier, het hierdie keer vir Tadhg Furlong, Andrew Porter en Zander Fagerson bo hom gekies.

Gatland het wel gesê dat Sinckler “baie ongelukkig” was om nie die span te haal nie.

Sinckler se weglating, asook dié van ’n klompie Ierse staatmakers, het die laaste paar dae heelwat debatvoering in Brittanje en Ierland ontketen. – Sportredaksie


Meer oor:  Britse En Ierse Leeus  |  Kyle Sinckler  |  Leeus-Toer  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.