Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Vuiste klap tussen Bokke, All Blacks

Rugby was baie anders in 1981.

Die intensiteit van die amateursport destyds was waarskynlik op dieselfde vlak van vandag se beroepsera, maar daar was vir seker minder beheer oor vuilspel.

Met die sterk mededinging tussen die Springbokke en All Blacks, was dit byna ’n uitgemaakte saak dat die gemoedere sou oorkook.

Die Bokke het in 1976 die toetsreeks teen sy aartsvyand met 3-1 gewen en die eerste toets in 1981 op Lancaster Park in Christchurch was dus ’n vurige affêre.

Die toon vir die reeks is daargestel deur ’n klompie vuisgevegte, met die beamptes wat nie veel daaromtrent kon doen nie.

Die Kiwi’s het met 14-9 geseëvier, die tweede toets met 24-12 verloor en die omstrede derde kragmeting, die sogenaamde “Meelbom-toets”, met 25-22 gewen om die reeks te beklink.

Dit was weens politieke redes en sanksies die laaste amptelike toets tussen die spanne voor die kragmeting in Johannesburg in 1992.

Die Bokke en All Blacks pak mekaar Saterdag om 09:35 (SA tyd) in die Rugbykampioenskap in Wellington. Hoewel swak gedrag soos in die onderstaande video onwaarskynlik is, kan rugbyaanhangers dieselfde passie en intensiteit verwag wat wedstryde tussen die twee lande oor die jare opgelewer het.

RugbyDump

Meer oor:  Bokke  |  Sprinbokke  |  Steve Hansen  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.