Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: Wallaby gryp waar dit seermaak
Die nuwe All Black-sensasie Caleb Clarke. Foto: Getty Images

Die veelbesproke nuwe All Black-sensasie Caleb Clarke het Eden Park die afgelope naweek aan die brand gespeel in sy Speler van die Wedstryd-vertoning teen die Wallabies.

Maar in ’n snaakse, tog pynlike erkentenis, praat Clarke oor Michael Hooper se onortodokse metode om hom as baldraer hok te slaan.

“Weet jy, Michael Hooper het my net daar aan my privaat dele gegryp . . . dit het regtig seergemaak,” sê Clarke nadat hy beeldmateriaal van die Bledisloebekertoets gekyk het.

“Ek het hom later probeer terugkry. Pete (Gallagher), ons fisioterapeut, het gesê, ‘Kry hom net terug’. Dit is wat ek later probeer doen het.”

Net die Wallaby-kaptein sal weet of sy daad opsetlik was, maar Hooper is nie bekend as ’n vuilspeler nie.

Uitstaande vertonings in die nr. 11-trui word altyd deur vergelykings met die legendariese Jonah Lomu gevolg en Clarke is geen uitsondering nie.

Die seun van die voormalige All Black-senter Eroni Clarke het in sy eerste begintoets die bal agt keer gedra en 138 m gevorder, die lyn drie keer gebreek en 12 duikslae ontwyk.

Ian Foster, die All Blacks se afrigter, sê: “Hy is sterk. Caleb is sterk. Hy is lief vir die sport, hy kry ’n glimlag op sy gesig en ons probeer maar net so af en toe vir hom die bal gee, want hy is nogal goed daarmee. Hoe opwindend vir hom.”

Die tyd sal leer, maar dit wil voorkom of die Kiwi’s nog ’n briljante vleuel opgediep het.

Kyk hier na Clarke se “Player Cam”-beeldmateriaal:

– Sportredaksie


Meer oor:  Michael Hooper  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Caleb Clarke  |  All Blacks  |  Bledisloebeker  |  Rugbykampioenkap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.