Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wêreldrugby skuif sy fokus na vroue

Wêreldrugby het ’n roerende bemarkingsveldtog begin om die sport onder vrouespelers ’n hupstoot te gee, met Bill Beaumont, die beheerliggaam se voorsitter, wat sê dit is waar die spel die meeste groei.

Volgens Beaumont speel 2,7 miljoen vroue wêreldwyd rugby. Dit is ’n styging van 28% in geregistreerde spelers teenoor 2017. Wêreldrugby se syfers dui ook aan dat meer as 40% van die spel se 400 miljoen aanhangers vroue is.

Die “Try and Stop Us”-veldtog, wat vrouespelers as “Unstoppables” beskryf, is daarop gemik om deelname onder toeskouers, spelers en beleggers in vrouerugby te bevorder.

Dit gebruik die stories van 15 vroue en meisies betrokke by rugby op alle vlakke van die spel.

“Ons glo vas die ontwikkeling van vroue in rugby is die enkele grootste geleentheid vir ons sport om in die volgende dekade te groei,” sê Beaumont.

“Nie net beleef vrouerugby ongekende vooruitgang regoor die wêreld nie, maar ons is goed op pad om ons doelwit te bereik van ’n onpartydige spel vir almal deur die toepassing van ons strategiese aksieplan, wat die effek van transformasie op alle gebiede van ons spel het.

“Van die sport se raadsale tot by deelname op voetsoolvlak, ons is daartoe verbind dat vroue gelyke geleenthede ontvang op en van die veld.”

– Reuters

Meer oor:  Wêreldrugby  |  Vrouesport  |  Vrouerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.