Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
KYK: WP-man slaan speler met kop

Die Westelike Provinsie het beloof om dissiplinêre stappe te neem teen een van hul o.19-spelers wat weens ’n vuisgeveg met ’n rooikaart afgestuur is en daarna ’n speler met die kop geslaan het.

Christian Ambadiang vroeër vanjaar in ’n Stormers-trui, ná hy in die Super-span se oefengroep ingesluit is. Foto: Getty Images

Die voorval het tydens ’n wedstryd tussen die o.19-spanne van die WP en die OP in Port Elizabeth plaasgevind. Die WP-jonges het met 47-18 in die Wolfson-stadion geseëvier.

Die telling sal egter veel vinniger vergeet word as die optrede van die WP se regtervleuel, Christian Ambadiang, wat homself eers ’n rooikaart op die lyf geloop het en toe onderweg na die kantlyn ’n speler met die kop geslaan het.

Die voorval het gevolg kort ná ’n sterk lopie deur Ambadiang teen die kantlyn af, wat geëindig het toe hy deur die OP se heelagter, Dylan le Roux, grond toe gesmeer is en die bal in die hande van ’n ander OP-speler gegooi het.

Ambadiang en Le Roux het albei woedend van die gras opgespring, aan mekaar geruk en pluk en begin appels swaai. Verskeie van hul spanmaats het nader gehardloop en ook betrokke geraak.

Vir hul swak gedrag is sowel Ambadiang as Le Roux van die veld gejaag.

Dit was terwyl hulle afgestap het, wat Ambadiang se goeie oordeel hom in die steek gelaat het. Op beeldmateriaal van die voordeel kan gesien word hoe hy agter Le Roux aanstap, iets vir hom sê, reg langs hom gaan loop – en hom dan met die kop slaan.

’n Woordvoerder van die WP Rugbyunie het aan Netwerk24 gesê hulle is “ten volle bewus” van die voorval, wat hulle ten sterkste veroordeel, en gaan ondersoek instel.

“Ons gaan die behoorlike prosesse volg. Aangesien die wedstryd deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) onderskraag is, is daar ’n dissiplinêre proses wat die WP en die speler sal volg,” het die woordvoerder gesê.

Ons neem vuilspel en gewelddadige gedrag baie ernstig op daar sal ook ’n interne dissiplinêre proses by WP Rugby plaasvind.
WP Rugbyunie

“Ons neem vuilspel en gewelddadige gedrag baie ernstig op daar sal ook ’n interne dissiplinêre proses by WP Rugby plaasvind.”

Die WP het onderneem om meer inligting bekend te maak sodra hulle die korrekte prosedures gevolg het.

Andre Rademan, die president van OP Rugby, het gesê hy is geskok deur die voorval.

“Dit was ’n skokkende voorval en ons keur dit glad nie goed nie.”

Hy het die WP se ondersoek na die voorval verwelkom.

Ambadiang is verlede jaar by die WP Rugbyunie se toekenningsgeleentheid aangewys as die belowendste speler in die unie se o.19-geledere, ná 15 drieë, en is aan die begin van vanjaar in die Stormers se oefengroep en die Junior Bokke se oefengroep ingesluit.

Ambadiang is in Kameroen gebore, maar woon sedert 2009 in Suid-Afrika.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Oostelike Provinsie  |  Rooikaart  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.