Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Laevelders se slot mis Israel Folau

Dit gaan voor die wind met die omstrede voormalige Australiese rugbyspeler Israel Folau, sê Le Roux Roets, slot van die Pumas wat goed met hom bevriend is.

Roets (24) is terug in Mbombela nadat hy ’n draai by die Waratahs, Folau se ou span, gemaak het.

Le Roux Roets kry die Haaie se Makazole Mapimpi beet tydens 2018 se SuperSport-uitdaagreeks. Foto: Gallo Images

Daar het die Suid-Afrikaner se pad gekruis met die van Folau, wie se loopbaan as rugbyspeler tot ’n einde gekom het ná sy uitlatings op sosiale media teen onder andere homoseksuele en dronkaards.

“Ons praat nog gereeld met mekaar en dit gaan goed met hom. Ek mis die mense wat ek daar ontmoet het en ook die kerk waaraan ek behoort het,” sê Roets.

Ek is nie teleurgesteld dat ek daar was nie, die ondervinding was die moeite werd. Dit het my verhouding met die Here verander.

Hy het nooit speelkans by die Waratahs gekry nie, maar sê die ondervinding in Australië was alles behalwe ’n mors van tyd.

“Ek is nie teleurgesteld dat ek daar was nie, die ondervinding was die moeite werd. Dit het my verhouding met die Here verander,” sê hy.

Israel Folau. Foto: Getty Images

Roets is vroeër vanjaar in die swembad by Folau en sy broer, John, se huis in Sydney gedoop. Hy het destyds aan Rapport gesê dat dit sy lewe soos handomkeer verander het.

“Ek is steeds ’n rugbyspeler, maar in die verlede het ek alles vir myself gedoen. Nou sien ek elke wedstryd as ’n geleentheid om my talente te gebruik.”

Van geleenthede gepraat, hy en sy spanmaats van die Pumas kom Vrydag teen Griekwas in die Curriebeker-reeks in Kimberley te staan.

Le Roux Roets in die trui van die Waratahs. Foto: Getty Images

Dit nadat die Laevelders die afgelope naweek naelskraap (37-38) teen die Goue Leeus verloor het.

Die Poubloues sal ’n harde neut wees om te kraak ná hul die Haaie verlede week met 37-13 geklop het.

“Ons sal die basiese dinge vir 80 minute moet regdoen as ons wil wen. Teen die Leeus het ons onsself in daardie laaste 20 minute in die voet geskiet,” sê Roets.

Dit nadat die Pumas met 15 minute speeltyd oor met 37-21 voor was.

* Jimmy Stonehouse, afrigter van die Laevelders, het intussen drie veranderinge, wat twee posisionele skuiwe insluit, aan die span aangebring wat teen die Leeus verloor het.

Die kaptein Ryan Nell skuif van binne- na buitesenter met Henko Marais wat die nr.12-trui gaan dra. Neil Maritz skuif op sy beurt van buitesenter na linkervleuel in die plek van Etienne Taljaard.

Pumas
Devon Williams, Morné Joubert, Ryan Nell (k), Henko Marais, Neil Maritz Kobus Marais, Reynier van Rooyen, Willie Engelbrecht, Carel du Preez, Jeandré Rudolph, Stefan Willemse, Le Roux Roets, Marne Coetzee, Marko Janse van Rensburg, Andrew Beerwinkel. PLAASVERVANGERS: Simon Westraadt, De-Jay Terblanche, Hilton Lobberts, Phumzile Maqondwana, Ashlon Davids, Chris Smith, Etienne Taljaard, Morgan Naudé.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Pumas  |  Israel Folau  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.