Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Laevelders steier onder nóg beserings

Nog beserings het Jimmy Stonehouse genoop om op die nippertjie weer aan sy Puma-span vir Vrydag se Curriebeker-wedstryd teen Griekwas in Mbombela te torring.

Le Roux Roets op die aanval teen die Westelike Provinsie in ’n Curriebeker-kragmeting in 2018 in Mbombela. Foto: Gallo Images

Le Roux Roets, slot, neem die kapteinskap oor by Pieter Jansen van Vuren, wat saam met hom op slot moes gesak het. Jansen van Vuren sou teruggekeer het ná ’n ribbesering, maar moes hom aan die span onttrek.

Darrien Landsberg skuif van flank om Roets se slotmaat te wees, met Daniel Maartens wat saam met Willie Engelbrecht en Phumzile Maqondwana die lostrio sal vorm.

In die voorry moes Ruan Kramer (stut) hom ook onttrek, en hy word deur Ig Prinsloo vervang.

Roets keer terug nadat hy ’n kniebesering in sy span se eerste wedstryd in die Superrugby Unlocked-reeks teen die Vrystaat-Cheetahs in Bloemfontein opgedoen het.

Pumas: Tapiwa Mafura, Luther Obi, Erich Cronjé, Ali Mgijima, Etienne Taljaard, Devon Williams, Ginter Smuts, Willie Engelbrecht, Phumzile Maqondwana, Daniel Maartens, Darrien Landsberg, Le Roux Roets (k), Ig Prinsloo, Simon Westraadt, Dewald Maritz. PLAASVERVANGERS: Marko Janse van Rensburg, Wikus Groenewald, Brandon Valentyn, Ewart Potgieter, Chriswill September, Tiaan Botes, Wayne van der Bank, Liam Hendricks.

Meer oor:  Mbombela  |  Pumas  |  Griekwas  |  Curriebeker-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.