Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lag en huil wag op Blitsbokke voor Spele

Binne die volgende paar dae sal ’n daar glimlagte, maar ook teleurstelling in die Blitsbok-kamp wees wanneer die groep vir die Olimpiese Spele aangekondig word.

’n Groep spelers waaruit Neil Powell, afrigter van die nasionale sewesspan, sy groep sal aanwys vir die Spele, berei in Johannesburg voor. Die spelers het ook Vrydag en Saterdag ’n paar oefenwedstryde teen die All Stars gespeel.

Muller du Plessis sit Vrydag voet in die hoek in een van die oefenwedstryde teen die All Stars in Johannesburg. Foto: Gallo Images
Justin Geduld hoop om vanjaar weer soos in 2016 in die Olimpiese Spele in aksie te wees. Foto: Gallo Images

Omtrent elke speler by die Blitsbokke wat hoop om in Tokio in aksie te wees, het ’n unieke storie om te vertel.

Daar is Ronald Brown, wat kanker oorwin het, Stedman Gans, wat ná ’n enkelbesering in ’n wedloop teen tyd is om die span te probeer haal, en ook Dylan Sage, Justin Geduld, Branco du Preez en Chris Dry.

In Sage en Geduld se gevalle, hoop hulle om vanjaar vir ’n tweede keer in die Spele in aksie te wees. Die ervare Du Preez aan die anderkant is in 2016 oor die hoof gesien, terwyl Dry destyds ’n ongebruikte plaasvervanger was.

Vir Dry (33) het dit beteken dat hy nie ’n bronsmedalje kon huis toe neem nie.

Daar is ook Muller du Plessis (21), wat op ’n jong ouderdom reeds baie bereik het. Hy het in 2016 en 2017 vir die Suid-Afrikaanse Skolespan en in 2018 vir die Junior Bokke uitgedraf. In 2021 hoop hy dat dit die Spele is.

In die korter weergawe van die spel kan hy as senter of vleuel diens doen.

“Ons het ’n harde eerste week gehad, elke oefensessie was ’n uitdaging vir ons as spelers. Ek dink daar was baie positiewe goed,” sê Du Plessis.

“Die wedstryde wat ons speel terwyl ons op toer (in Johannesburg) is help baie met ons voorbereiding.”

Du Plessis, ’n oudleerling van Paarl Gimnasium wat ook Sotho magtig is, antwoord diplomaties op die vraag hoe erg die mededinging vir ’n plek in die span is.

“Dit is verseker ’n droom om na die Spele te gaan, maar my fokus is net om elke dag my beste vir die span te gee en te bly groei,” sê hy.

“Daar is verseker gesonde kompetisie in die span en ook baie talentvolle (spelers), maar dit is belangrik dat ons fokus eerder op die span is, as die individu.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.