SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Rugby
Lancaster ‘beter’ breier ná mislukking

Engeland se voormalige afrigter Stuart Lancaster meen die Rose se katastrofale Wêreldbeker-veldtog in 2015 het van hom ’n beter leier gemaak.

Stuart Lancaster / Foto: Getty Images

Die 49-jarige Lancaster is deur die Engelse Rugbyunie gepos nadat die Rose op eie bodem nie verder as die groepfase kon vorder nie.

Hy het sedertdien goed gevaar as senior afrigter van Leinster, met die Ierse span wat verlede jaar die Europese Kampioenebeker gewen het.

“Mislukking is deel daarvan om ’n goeie leier te wees,” sê hy.

“Die beste leiers gebruik die teleurstelling van hul mislukking om hulle te motiveer. Ek het op die openbare verhoog misluk en dis wat van my ’n beter afrigter gemaak het.”

Lancaster word wyd geloof vir sy werk by Leinster en hy meen die vestiging van ’n sterk identiteit met plaaslike spelers was deurslaggewend daarin.

“Toe ek by Leinster aangesluit het, het ek vir die spelers gesê daar gaan nie ’n span wees met ’n beter rekord as Leinster nie. Ek wou die spelers kry om te glo dat ons die Europese Kampioenebeker kon wen,” sê hy. 

– Reuters

Meer oor:  Stuart Lancaster  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.