Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Landbou-ghoeroe lei nou Maties-rugby

Prof. Mohammad Karaan, die eerste persoon van kleur om as president van die Maties-rugbyklub te dien, se wortels lê diep in Suid-Afrika se landbou en hy meen die lesse wat hy in die akademie geleer het, sal handig te pas kom in sy nuwe rol.

Prof. Mohammad Karaan is as die nuwe president van die Maties-rugbyklub verkies. Foto: Argief

Karaan, ’n voormalige dekaan van die fakulteit Agriwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), wat ook in 2015 as viserektor waargeneem het, neem oor by Freddie Ferreira, wat vir twee termyne as klubpresident gedien het.

Karaan, wat tans ’n professor in landbou-ekonomie aan die US is, vorm ook deel van ’n adviespaneel oor grondhervorming, wat pres. Cyril Ramaphosa saamgestel het.

Volgens Karaan was dit Ferreira, ’n gewese WP-skrumskakel, se aanmoediging wat bepalend was in sy besluit om homself vir die presidentskap verkiesbaar te stel.

Toe Karaan viserektor was, was sport een van die portefeuljes waarvoor hy verantwoordelik was en Ferreira het om dié rede gemeen hy sou ’n goeie kandidaat wees om die rugbyklub se leisels te neem.

“Oudspelers, die klub en die vorige president het my genader om myself beskikbaar te stel om die verhouding tussen die rugbyklub en die universiteit te verbeter, wat ’n noodsaaklikheid is,” het Karaan Woensdag gesê.

“Die klub wil onafhanklik bly sonder om die universiteit te vervreem, so daar is ’n bietjie spanning en spasie om die bande te versterk. Dis beslis nie oor my rugbytalent nie,” het Karaan geskerts.

Karaan het egter in die middel-tagtigerjare, toe hy van die eerste studente van kleur aan die US was, gesegregeerde rugby gespeel.

k sê graag ja om die universiteit te dien, en ek ken die mense. Ouens soos Jan Boland Coetzee en Freddie Ferreira, almal vorige presidente, is van my persoonlike vriende.

“Ek het vir die ‘swart’ Maties-span gespeel, wat aan toernooie deelgeneem het, maar het nooit koshuisrugby gespeel nie. Ek het die legendariese dok Danie Craven ontmoet en is terdeë bewus van die ongelooflike geskiedenis aan die klub verbonde.”

Karaan, wat druk besig is om kwessies in die Suid-Afrikaanse landbou op ’n kritieke tyd in die land se geskiedenis te probeer oplos, is deeglik bewus van die uitdagings wat sy nuwe rol inhou.

“ ’n Mens moet mos altyd iets vir die besigste ou gee as jy wil hê dit moet gedoen word. Die tyd wat die rol in beslag gaan neem, was die moeilikste deel van my besluit, maar ek is lief vir rugby en my kinders speel ook rugby.

“Dis ook ’n manier om terug te gee vir Stellenbosch. Ek sê graag ja om die universiteit te dien, en ek ken die mense. Ouens soos Jan Boland Coetzee en Freddie Ferreira, almal vorige presidente, is van my persoonlike vriende.”

Quintin van Rooyen, senior sportbestuurder: Maties Rugby, het gesê Karaan se kennis van en sy verhoudings in die akademiese wêreld sal tot die klub se voordeel wees.

Hy het Ferreira ook bedank vir die “ongelooflike toewyding en geesdrif” waarmee hy Maties Rugby gedien het.

Die Maties het vanjaar die Varsitybeker-toernooi en die Varsitybeker se Young Guns-toernooi (vir o.20-spanne) gewen.

Maties se eerste span het ook sy USSA- en WP-klubliga-titels suksesvol verdedig.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Klubrugby  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.