Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bernard Laporte wéér in warm stoel
Bernard Laporte

Bernard Laporte is gister net-net weer gekies as Frankryk se rugbypresident, minder as twee weke nadat hy deur die Franse polisie se bedrog-eenheid in hegtenis geneem is oor sy bande met Montpellier se eienaar, Mohed Altrad, en sy Altrad-groep.

Laporte (56), wat in Mei vanjaar as Wêreldrugby se visepresident aangestel is as deel van Bill Beaumont se herverkiesingsveldtog, sal sy posisie in Frankryk tot 2024 behou nadat sy teenstander, Florian Grill, 48,53% van die stemme op hom verenig het en Laporte met 51,47% die oorwinnaar was.

Net 95,21% van die stemgeregtigdes het gestem.

Die uitslag is geen verrassing nie, want Laporte was die groot gunsteling om herkies te word. – Rugbypass

Meer oor:  Bernard Laporte  |  Rugby  |  Frankryk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.