Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lappies lei die Brave Blossoms Saterdag
Lappies Labuschagne gesels Donderdag met die media nadat hy as Japanse rugbykaptein aangewys is.Foto: Getty Images

Die oud-Bul en -Vrystater Lappies Labuschagne gaan Japan Saterdag in sy internasionale rugbybuiging teen Fidji aanvoer.

Japan gaan ook in dié wedstryd in die Pasifiese Nasiesbeker-reeks vir die eerste keer in hul nuwe truie te sien wees.

Labuschagne, wat in die nr. 7-trui sal uitdraf, is een van drie spelers wat Saterdag hul buigings sal maak, saam met die slotte James Moore en Yusuke Kizu (plaasvervangersbank).

“Dis ’n ongelooflike eer en voorreg om in die trui van die Brave Blossoms te speel en ’n ongelooflike land soos Japan te kan verteenwoordig,” het Labuschagne Donderdag aan die Japan Times gesê nadat hy as kaptein aangewys is.

Labuschagne speel sedert 2016 klubrugby vir die Kubota Spears, wat deur ’n voormalige afrigter van die Blou Bulle, Frans Ludeke, gebrei word.

Hy het verlede jaar Japan se Superrugby-span, die Sunwolves, aangevoer onder die afrigting van Jamie Joseph, wat ook Japan se hoofafrigter is.

Joseph is Donderdag gevra of hy die week span gekies het met die oogmerk om Fidji se alombekende flair dood te smoor, of eerder omdat hy nog ’n paar vrae het voordat hy sy groep vir die Wêreldbeker-toernooi finaliseer.

“ ’n Bietjie van albei,” het hy geantwoord.

Kyk jy na die samestelling van die lostrio is daar egter meer as net ’n bietjie van die eerste. Labuschagne is een derde van ’n baie fisieke lostrio, saam met Kazuki Himeno en die Tongaans-gebore Amanaki Lelei Mafi.

Fidji het die laaste ruk in baie fasette van sy spel verbeter. Die Fidjiane hou van hul ongestruktureerde rugby en is werklik gevaarlik uit gebroke spel.
Lappies Labuschagne

“Fidji het die laaste ruk in baie fasette van sy spel verbeter. Die Fidjiane hou van hul ongestruktureerde rugby en is werklik gevaarlik uit gebroke spel.

“Hulle beskik oor heelwat spelers wat die bal goed kan uitgee. Maar ons wil ook ons spelers ’n geleentheid gee om te speel. Ons is fiks en gereed vir die wedstryd,” het Joseph gesê.

Japan se stryd teen Fidji is een van net vier voor die WB-toernooi in sy agterplaas begin.

Aanstaande Saterdag wag Tonga, die week daarna die Amerikaanse Eagles, en op 6 September die Springbokke.

Wimpie van der Walt

Die WB-toernooi begin op 20 September met ’n wedstryd tussen Japan en Rusland. Die gasheer is in Groep A saam met Ierland, Skotland, Rusland en Samoa ingedeel.

Nog ’n Suid-Afrikaner, die losvoorspeler Wimpie van Walt, sal Saterdag ’n plaasvervanger wees.

Labuschagne, Van der Walt en nog ’n Suid-Afrikaner van geboorte, Grant Hattingh, is in Januarie in Japan se WB-oefengroep ingesluit.

Japan: William Tupou, Kotaro Matsushima, Timothy Lafaele, Ryoto Nakamura, Kenki Fukuoka, Yu Tamura, Kaito Shigeno, Amanaki Lelei Mafi, Lappies Labuschagne (k), Kazuki Himeno, Luke Thompson, James Moore, Asaeli Ai Valu, Shota Horie, Keita Inagaki. PLAASVERVANGERS: Atsushi Sakate, Shogo Miura, Yusuke Kizu, Wimpie van der Walt, Michael Leitch, Yutaka Nagare, Rikiya Matsuda, Lomano Lava Lemeki.

Meer oor:  Lappies Labuschagne  |  Fidji  |  Japan  |  Kaptein  |  Toets  |  Rugby  |  Wereldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.