SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Lee onderteken nuwe kontrak met Cheetahs

Die belowende senter Nico Lee is een van die sterre wat reeds pen op papier gesit het om by die Cheetahs aan te bly.

Die groep waarmee Franco Smith volgende seisoen gaan werk, is besig om gestalte te kry. Die kontraktering het pas begin en nog aankondigings oor ander topspelers word binnekort verwag.

Nico Lee draai die krane oop teen die Ospreys Saterdag in Swansea, Wallis, op pad na sy drie. Die Cheetahs het bevestig dat hy hom tot einde 2019 tot die franchise verbind het. Foto: Gallo Images

Lee het Saterdag teen die Ospreys in Swansea sy sesde drie in die Pro14-reeks gedruk en is gesamentlik met die haker Torsten van Jaarsveld die span se voorste driedrukker.

Lee is een van agt spelers wat hulle reeds tot die einde van 2019 tot die Cheetahs verbind het.

Die Cheetahs het Dinsdag bekend gemaak dat hulle daarin geslaag het om die senters Lee en William Small-Smith, haker Elandré Huggett, losskakel Ernst Stapelberg, slot JP du Preez, vleuel Lloyd Greeff en die slotte Siba Qoma en Dennis Visser tot die einde van volgende jaar te kontrakteer.

Die Cheetahs hoop intussen om ná hul drie agtereenvolgende nederlae op hul Europese toer op die wenpad terug te keer in hul wedstryd teen Connacht Saterdag in Bloemfontein.

Die kaptein van die Cheetahs, Francois Venter, het Dinsdag ’n pleidooi aan ondersteuners gelewer om hulle nie op dié drie nederlae te takseer nie.

Volgens hom skort niks met hul ingesteldheid nie en is hulle lus om wenrugby te speel.

Die span het Maandag teruggekeer ná sy nederlae teen die Cardiff Blues, Glasgow Warriors en die Ospreys.

“Die spelers weet wat van hulle verwag word en ek weet almal se ingesteldheid is reg. Niemand hou van verloor en as die ondersteuners dink dit is vir hulle sleg, dan moet hulle hulself indink hoe ek moet voel,” sê Venter.

Connacht het ook Maandag reeds in Bloemfontein via Treviso aangekom en Dinsdag by Grey-kollege sy eerste oefening gehad.

Die Ierse klub sal wil voortbou op sy sege met 22-19 Saterdag in Italië.

Drie van hul spelers doen diens in die Sesnasies-reeks vir Ierland.

Vyftien van die spelers in die toergroep het in die spanne se vorige kragmeting teen die Cheetahs gespeel.

Connacht het die wedstryd in Galway met 23-15 gewen.

Die Cheetahs-afrigter, Rory Duncan, sê hulle het in die spanne se vorige kragmeting hopeloos te veel besit weggeskop. Hy sê dit het hulle op die agtervoet geplaas.

“Connacht is ’n goeie span en hulle is ook nog in die wedloop om ’n plek in die uitspeelrondes.”

Connacht se toergroep:

Agterspelers: Tiernan O’Halloran, Cian Kelleher, Eoin Griffin, Tom Farrell, Matt Healy, Jack Carty, Caolin Blade, Pita Ahki, Ultan Dillane, Eoghan Masterson, James Mitchell, Craig Ronaldson, Niyi Adeolokun.

Voorspelers: Denis Buckley, Shane Delahunt, Tom McCartney, Finlay Bealham, Gavin Thornbury, James Cannon, Sean O’Brien, Jarrad Butler, John Muldoon, Dave Heffernan, Denis Coulson, Dominic Robertson-McCoy.

Meer oor:  Connacht  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Nico Lee  |  Kontrakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.